Afrika is dalk nie gereed vir Vierde Landbou-revolusie
Landboukundiges sê dit is onduidelik of Afrika gereed is vir die Vierde Landbou-revolusie. Kenners sê ten spyte van die sektor wat ‘n beduidende rol in voedselsekerheid speel, moet boere nou Landbou 4-punt-nul ernstig opneem om integreer te word in die wêreldwye waardeketting en om voedselsekerheid te verbeter. Landbou 4-punt-nul sal na verwagting gevorderde tegnologieë in die sektor bekendstel, insluitend outomatisering, robotika en kunsmatige intelligensie. Dit sal boerdery meer doeltreffend, volhoubaar en produktief maak. Dit sal egter ‘n aansienlike verskuiwing verg in die manier waarop daar in Afrika geboer word.