Afrika-beker finaal vandag, Nam speel vir derde plek

Zimbabwe en Algerië speel vanmiddag om vyf-uur Namibiese tyd in die finaal van die Rugby Afrika-beker in die Mandela Nasionale-stadion in Kampala in Uganda. Dit is die eerste keer in 12 jaar wat nie Kenia of Namibië in die finaal betrokke is nie. Die twee spanne speel net voor dit teen mekaar vir derde plek, ook in die Mandela Nasionale-stadion. Indien Namibië goed geklop word deur Kenia en Zimbabwe wen Algerië, is ‘n rekord laagtepunt van 30ste op die ranglys moontlik vir die Welwitschias.