Afrigter tevrede met Blitsbokke se vertoning

Die Springbok-sewesafrigter, Sandile Ngcobo, sê hy is tevrede met sy span se algehele vertoning in die Kaapstad-afdeling van die Wêreld-sewesreeks. Die Blitsbokke, wat verlede week weer as Dubai-kampioen uit die stryd getree het, het in Kaapstad met 31-7 teen Nieu-Seeland verloor in die stryd om die vyfde plek. Argentinië het die Kaapstad-toernooi gewen nadat hy Australië met 45-12 in die eindstryd geklop het, met Fidji wat derde geëindig het. Ngcobo sê ondanks die uitslae in Kaapstad, glo hy die algehele prestasie van sy span oor die eerste twee toernooie is positief: