AfriForum vra dat wysiging op onderwyswet verwerp word
AfriForum doen ‘n beroep op gemeenskappe om die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering ten sterkste teen te staan. Die wetsontwerp, tans voor die Nasionale Raad van Provinsies, laat burgers toe om vanaf volgende week kommentaar daaroor te lewer. Die organisasie doen ‘n dringende beroep vir gemeenskapsbywoning van hierdie verhore, wat op 18 September in die Wes-Kaap sal begin. Louis Boshoff van AfriForum waarsku teen moontlike buitensporige regeringsbeheer oor privaat gesondheidsorg en ‘n swaar belastinglas as die wetsontwerp deurgevoer word. Boshoff beloof om die wetsontwerp te bekamp deur skriftelike voorleggings, bedryfsbetrokkenheid en regstappe.