Afriforum stop R50 miljoen aan Kuba

AfriForum verwelkom die Appèlhof se interdik wat die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se beplande skenking van 50 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Kuba verbied. Die organisasie glo die uitspraak handhaaf fiskale verantwoordelikheid en wend hulpbronne aan om armoede te verlig. Hulle het in Maart verlede jaar ‘n dringende interdik bekom wat die departement verhinder het om belastingbetalersgeld aan Kuba te skenk. Charné Mostert van AfriForum sê ondanks die departement se desperate appèlaansoeke by verskeie howe, is dit van die hand gewys met koste aan AfriForum.