AfriForum sê Media24 draai sy rug op Afrikaanse media
Die nuus dat Media24 oorweeg om aan die einde van September vanjaar dalk vyf koerante te sluit en moontlik 400 personeel af te lê, is ’n reuseterugslag vir gehaltejoernalistiek in die land en veral vir Afrikaanse media. Volgens AfriForum se hoof van Kultuursake, Alana Bailey, versaak Media24 die Afrikaanse gemeenskap en die titels van publikasies wat deel van die fondament is waarop dié sakereus gebou is: