AfriForum sê kriminele gemors moet opgeruim word

AfriForum sê die skokkende misdaadstatistiek vir die eerste kwartaal van die 2023/2024-boekjaar onderstreep die mislukking van die polisie onder die leierskap van minister Bheki Cele. Volgens die burgerregtegroep word die polisie lamgelê deur korrupsie en ʼn gebrek aan opleiding en aanspreeklikheid. Hulle maak voorspraak vir die desentralisering van die polisie. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Jacques Broodryk, sê gewone burgers het te doen met ʼn kommerwekkende syfers ten opsigte van moord en verkragting terwyl Cele se leë beloftes voortduur. Hy beskuldig die minister daarvan dat hy voorrang gee aan politiek, bo die doeltreffende funksionering van die SAPD, met verlore vuurwapens wat die misdadigers bemagtig.