AfriForum: SA moet liewer oorlog teen armoede voer
Die burgerregte-organisasie AfriForum, sê die bewerings van die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het, is skadelik vir die land se ekonomie. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê President Cyril Ramaphosa en die ANC-regering omskep die oorlog in Oekraïne ook in Suid-Afrika se oorlog. Hy sê Suid-Afrika moet eerder oorlog voer teen armoede, misdaad, korrupsie en mislukte sentralisme.