AfriForum: Plaasmoorde styg met 167%
AfriForum sê hy versnel die versterking van veiligheids-netwerke na aanleiding van ‘n kommerwekkende toename in plaasmoorde. Die organisasie se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid het gedurende die tweede kwartaal van vanjaar 76 plaasaanvalle aangeteken, met moorde wat met ‘n verstommende 167 persent gestyg het vergeleke met die vorige kwartaal. ʼn Woordvoerder van Afriforum, Jacques Broodryk, beklemtoon die dringendheid om misdadigers vas te trek om te verhinder dat die syfer styg, aangesien slegs 15 oortreders in verband met die aanvalle aangekeer is.