AfriForum kap Appèlhof-uitspraak oor ‘Kill the Boer’

AfriForum veroordeel die uitspraak van die Appèlhof dat die Kill the Boer-dreunsang nie haatspraak is nie en sê dit plaas boere en Afrikaners in gevaar. Uitvoerende hoof, Kallie Kriel, kritiseer die uitspraak en beskryf dit as ‘n bevooroordeelde mening van waarnemende regter, Raylene Keightley. Kriel sê indien die howe nie hierdie groepe beskerm nie sal hulle selfbeskerming moet vergroot met behulp van uitgebreide gemeenskapsveiligheidsnetwerke. Ernst van Zyl van AfriForum sê hulle oorweeg om die uitspraak na die Konstitusionele Hof te neem.