AfriForum Jeug sê Tukkies gee in na politieke druk

AfriForum Jeug dring by die Universiteit van Pretoria aan op antwoorde oor die terugtrek van klagtes teen die EFF-Studentebevel se kandidate en die vestiging van ‘n tydelike komitee vir 2024 se Studenteraad. Die organisasie vra duidelikheid oor die gevolge van die terugtrekkingsproses vir die kandidate se geskiktheid vir die raad. Woordvoerder René van der Vyfer sê daar is ook twyfel oor die insluiting van die kandidate op die tydelike komitee: