AfriForum jeug eis stappe teen US-rektor
AfriForum Jeug eis aanspreeklikheid en gevolge teen die rektor van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, weens beweerde nepotisme en die skending van Afrikaanse studente se menseregte. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het vroeër bevind die universiteit is vyandiggesind teenoor Afrikaanssprekendes, terwyl klagtes van taal-diskriminasie vanjaar weer opgeduik het. De Villiers het ook erken hy het twee familielede gehelp om vir kursusse aanvaar te word. Woordvoerder Ernst van Zyl vra Maties om aanspreeklikheid te aanvaar en besliste stappe te doen om ‘n herhaling te voorkom.