African Transformation-beweging wil weet oor John Hlophe se skorsing

Die African Transformation-beweging se prokureurs het aan President Ramaphosa geskryf en versoek dat hy teen die einde van vandag sal bevestig dat hy nie die Wes-Kaapse regter-president, John Hlophe, sal skors hangende sy aansoek in die Appèlhof nie. Die beweging sê as dit nie gebeur nie, sal hulle ‘n dringende interdik kry. Die Regterlike Dienskommissie het Maandag aanbeveel dat Hlophe geskors word nadat hy verlede jaar aan growwe wangedrag skuldig bevind is. Die beweging sê die kommissie se besluit is deurspek met prosedure- en wesenlike foute.