Afleggings begin by B2Gold
Die Kanadese genoteerde maatskappy B2Gold is besig om sy oopgroef-bedrywighede af te sluit, en sowat 300 mynwerkers sal dus vrywillige afleggings aangebied word. Die vrywillige afleggingsproses is geskeduleer is om op 15 April te begin. Die myn het tans ongeveer 890 werknemers. Leake Hangala, voorsitter van B2Gold-raad, praat met Kosmos 94.1 Nuus en sê die afleggings is ‘n jammerte, maar moet gedoen word.