Aflandige olie-eksplorasie ervaar herlewing, ten spyte van groen-doelwitte

Aflandige olie-eksplorasie ervaar volgens kenners ‘n herlewing en die hoeveelheid boor-vaartuie wat tans in die wêreld se oseane olie- en gasbronne soek het sedert Oktober 2020 met 45 persent gestyg. Teen 2025 sal verdere groei van 20 persent in die getalle aangeteken word. Dit verteenwoordig ‘n ommekeer van talle van die olie-reuse op hul hernubare energie-teikens wat hulle daargestel het. Kenners meen hoër oliepryse, die fokus op energiesekuriteit en die voordele van diepwatervrystellings ondersteun diepwaterontwikkeling. Die Internasionale Energie-agentskap voorspel dat globale stroomop-olie- en gasbeleggings in 2023 met ongeveer 11 persent tot 528 miljard Amerikaanse dollar sal toeneem, die hoogste vlak sedert 2015. Intussen toon die jongste navorsing dat koolstofvrystellings met 0,8 persent in 2022 gestyg het en dat fossielbrandstowwe 82 persent van energiebronne verteenwoordig het.