Aflandige diamantprodukise neem af – dit was so beplan

Namibië se diamantproduksie het in die derde kwartaal met 14 persent gedaal met totale uitset wat 0,5 miljoen karaat bereik het. Die De Beers-groep het die afname toegeskryf tot ‘n strategiese besluit om Debmarine se produksie te verminder om dit in lyn te bring met huidige marktoestande. Namdeb, aan die ander kant, het van die afnames verreken met verbeterde verhaling en hoërgraad mynbou. Debmarine se produksie het met 30 persent gedaal. Jaar-tot-datum staan Debmarine se produksie op 1,23 miljoen karaat. Namdeb se operasies het met 48 persent jaar op jaar gegroei.