Afknouery oorsaak van 12-jarige wat klasmaat doodskiet

Die Finse polisie glo afknouery was die motief agter die dodelike skietery by ‘n skool aan die buitewyke van die hoofstad Helsinki. ‘n Twaalfjarige seun is in aanhouding nadat hy na bewering nog ‘n twaalfjarige doodgeskiet en twee meisies gewond het. Die polisie sê die verdagte het tydens ondervraging onthul hy is deur sy klasmaats afgeknou. Finland se regering het gister tot ‘n nasionale roudag verklaar oor die voorval, wat die eerste minister Petteri Orpo as ontsettend skokkend beskryf het.