Afghanistan se krieketspan jonk maar vol ywer

Krieket: ‘n Jong Afghaanse span met ‘n gemiddelde ouderdom van slegs 25 het beloof hulle gaan hulle ondersteuners by die huis verras met die 2024, T20 Wêreldbeker. Ondanks jare lange oorloë en armoede het Afghaanse krieket sterker geword met nuwe afrigtings-akademies, borgskapooreenkomste en toernooi-finansiering. Die span se eerste wedstryd is op 4 Junie in Guyana teen Oeganda, wat in hulle eerste Twintig20 Wêreldbeker ooit speel en dit beskryf as ‘n droom wat waar geword het.