Afghanistan loof Brian Lara se inspirasie

Krieket: Die kaptein van Afghanistan loof die inspirasie van krieketlegende, Brian Lara, wat hulle gehelp het om ‘n plek in die T20 Wêreldbeker te beklink. Die span het dit reggekry danksy ‘n naelbyt-oorwinning met agt lopies teen Bangladesj, wat meegebring het dat die magtige Australië uitgeskakel is. Volgens Khan het hulle Lara reg bewys – die enigste een wat voorspel het Afghanistan sal die halfeindronde haal. Afghanistan speel nou môre in die eerste halfeindstryd teen die onoorwonne Suid-Afrika in Trinidad.