Afghanistan klim op die punteleer by Wêreldbeker
Afghanistan het tot die sesde plek op die Wêreldbeker-punteleer gevorder met gister se oorwinning oor nog ’n voormalige kampioen. Hulle het Pakistan in Chennai met agt paaltjies geklop nadat hulle vroeër ook die verdedigende kampioen, Engeland, geskok het, wat nou in die tiende plek op die punteleer is. Die gasheer, Indië, is steeds in die eerste plek, gevolg deur Nieu-Seeland en Suid-Afrika, wat vandag in Wankhede teen Bangladesj speel. Australië het tot die vierde plek verbeter, gevolg deur Pakistan. Bangladesj is in die sewende plek gevolg deur Nederland en Sri Lanka.