Afghaanse voorbladmeisie kry vlugtelingstatus in Italië

Die Italiaanse regering het vlugteling-status toegestaan aan ‘n jong Afghaanse meisie wie se foto in die tagtigerjare wereldbekendheid verwerf het. Sharbat Gula was 12 jaar oud toe ‘n foto van haar met haar magnetiese groen oë op die voorblad van National Geographic gepubliseer is. Sy het toe in ‘n vlugtelingkamp op die grens met Pakistan gewoon. Gula, wat nou 48 jaar oud is, het in Augustus by die Italiaanse regering aansoek gedoen om haar te help om van haar geboorteland te vlug na die Taliban weer oorgeneem het. Die eerste minister, Mario Draghi, het tussenbeide getree en haar na Italië laat kom.