Afgesette plaaswerkers nog steeds sonder heenkome

Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het geen idee hoeveel hawelose voormalige plaaswerkers tans in padreserwes dwarsoor die land bly nie. Dié werkers en hul gesinne is sonder heenkome gelaat nadat hulle van plase, waar hulle geslagte lank gewerk het, verwyder is. ‘n Advertensieveldtog is in 2020 in plaaslike koerante en radiostasies geloods om die uitgesette gesinne te vra om by die ministerie te registreer, sonder veel sukses. Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, het aan Kosmos 94.1 gesê hulle staan voor ‘n uitdaging om die mense te help.

Hy het ook gesê as ‘n streek het hulle die ministerie genader met ‘n voorstel.