Afcon: Bafana deur na kwarteindronde

Suid-Afrika is deur na die Afrikabeker se kwarteindronde, nadat hy een van die toernooi se gunstelinge, Marokko, in die Ivoorkus verslaan het. Evidence Makgopa se doel in die 57ste minuut en ʼn vry-skop van Teboho Mokoena in die vyfde minuut van ekstra tyd, het bygedra tot Bafana Bafana se 2-0 sege oor die Marokkane, wat in 2022 die halfeindronde van die Wêreldbeker gehaal het. Suid-Afrika speel Saterdag teen Kaap Verde vir ʼn plek onder die laaste vier. Afrigter Hugo Broos sê dit was spesiaal om Afrika se topspan, Marokko, te klop: