Afbakening van dorpsgrense ‘n probleem, NSA sal dit aanspreek
Tydens die eindgebruiker-opleiding vir die belangrike nuwe Namibië-behuisingsinligtingstelsel, het Alex Shimuafeni, die statistikus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap, gesê daar was probleme opgetel tydens die sensus met die afbakening van dorpe. Die veldwerkers het in sekere dorpe met verouderde grense gewerk. Shimuafeni sê die probleem sal opgelos word.