Advokaat Walters kry tweede ombud-toekenning
Die Internasionale Ombudsman Instituut het voormalige ombud advokaat John Walters die Goue Orde van Meriete toegeken ter erkenning van sy uitsonderlike verbintenis tot ombudsmanskap, beide nasionaal en internasionaal. Dit is die tweede toekenning vir Walters deur die instituut se raad, na sy toekenning as ‘n Lewenslange Erelid in Junie 2018. Advokaat Walters is die eerste Afrikaan wat hierdie eerbewyse ontvang het. Hy is op 1 Julie 2004 as Namibië se ombudsman aangestel en het vir 17 jaar gedien tot sy aftrede op 31 Julie 2021.