Advieskomitee oor Covid-19 sê 30 dae na ramptoestand is belangrik

Die voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 in die buurland, Koleka Mlisana, sê intussen die 30-dae oorgang ná die rampbestuur-tydperk is belangrik vir die land. Maatreëls ná die rampbestuur, asook herstelmaatreëls, vereis die dra van maskers vir nog minstens 30 dae binnenshuis, en die bestaande beperkings op die byeenkoms van groepe. Mlisana sê hulle sal hulp verleen met die nuwe regulasies kragtens die Nasionale Gesondheidswet wat vir openbare kommentaar gepubliseer is.