Adjunk-premier: Landbou dra by tot ekonomiese ontwikkeling

Die waarde van die landbou-sektor kan nie as werkskepper onderskat word nie, veral nie in landelike gemeenskappe nie. Die landbouminister Calle Schlettwein het hom by adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah aangesluit om die Omaludi-fees in Okongo in die Ohangwena-streek te vier. Die Omaludi-fees is ‘n jaarlikse landbouge-byeenkoms wat hoofsaaklik deur veeboere gevier word. Nandi-Ndaitwah sê dat die gemeenskappe boerdery as ‘n besigheid moet sien as ‘n toegevoegde waarde tot Namibië se ekonomiese ontwikkeling.