Adidas teken groot verliese aan oor Kanye West

Adidas het tot dusver ‘n bedryfverlies van 700 miljoen euro, of 1,7 triljoen Namibiese dollar verloor sedert hy alle bande met Kanye West, bekend nou as Ye, gesny het. Die maatskappy het na West se anti-semitiese aanmerkings opgehou om sy Yeezy-skoen te verkoop. Adidas se uitvoerende hoof, Bjorn Gulden, het aan media bevestig dat die maatskappy voort sal gaan om met ander glanspersoonlikhede bo atlete te werk. Hy sê terwyl daar risiko’s is kan handelsmerke nie ‘n leefstyl met atlete bou nie.