Adetshina, en haar ma, se ID’s teruggetrek

Die Departement van Binnelandse Sake sê hy gaan die identiteits- en reisdokumente van die gewese Mej. Suid-Afrika-finalis, Chidimma Adetshina, en haar Mosambiek-gebore ma terugtrek. Dit volg nadat hulle nie gereageer het op die departement se sperdatum van 28 Oktober om redes te verskaf waarom hul die dokumente moet behou nie. Adetshina se deelname aan die Mej., Suid-Afrika-skoonheidskompetisie is in omstredenheid gedompel nadat haar burgerskap in twyfel getrek is. Die departement se direkteur-generaal, Tommy Makhode, sê die twee staar moontlik bedrogklagtes in die gesig: