Adele konserte in München verwag wêreld se grootste buitenshuise skerm
Die organiseerders van die sangeres Adele se komende konserte in München sê hulle wil ‘n Guinness-wêreldrekord vir die grootste buitenshuise skerm van alle tye opstel, met ‘n lengte van 220-meters. Nagenoeg 74 000 aanhangers sal na verwagting volgende maand elke aand vir tien vertonings opdaag by ‘n spesiaal-opgerigte opwipstadion. Adele sê die video-installasie sal die ondervinding vir geesdriftiges nog meer opwindend maak. Daar sal ook ‘n Adele-ondervinding wees met ‘n tipies-Engelse kroeg en stalletjies wat spesiaal ontwerpte drankies verkoop.