Adele kondig ‘n baie lang ruspouse aan

“Ek sal julle vir ‘n ongelooflike lang tyd nie sien nie. Ek het die afgelope sewe jaar ‘n nuwe lewe vir myself gebou, en ek wil dit nou leef.”

Adele het aan aanhangers gesê sy sal ‘n baie lang blaaskans vat voordat sy weer optree, sodra sy haar oorblywende Las Vegas-konserte voltooi het.

Saterdagaand was haar laaste optrede in München in Duitsland, waar sy vir 10 nagte in Augustus opgetree het in die Messe München-arena. Dit was haar eerste optrede in Europa sedert 2016.

Vroeër vanjaar het die sangeres onthul dat sy nie van plan is om binnekort nuwe musiek te maak nie, en nou het sy gesê dat sy ook vir lank nie weer op die verhoog sal wees nie.

Die “Hello”-sangeres het 10 vertonings oor in Las Vegas nadat hulle vroeër die jaar uitgestel is weens siekte. “Daarna sal ek julle vir ‘n ongelooflike lang tyd nie sien nie,” het sy aan die skare in München beaam.

“Ek sal julle die heeltyd in my hart hou, en ek sal fantaseer oor hierdie vertonings en enige ander die afgelope drie jaar. Dit was ongelooflik, maar ek het net ‘n ruskans nodig.”

Sy het haar aanhangers bedank en gesê: “Ek sal hierdie vertonings vir ewig onthou, dit was ‘n wonderlike skouspel”.

Foto verskaf.