ActionSA wil meer weet oor ANC se skuldvereffening

ActionSA sê hy het ‘n skrywe gerig aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie se uitvoerende hoof vir party-befondsing, George Mahlangu, om ondersoek in te stel na die ANC se vereffening van skuld van meer as 102 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Ezulweni Investments. Die ANC het in Desember verlede jaar ’n skikking buite die hof bereik met Ezulweni Investments, oor ’n omstrede 2019 kontrak vir verkiesingsmateriaal. ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê Suid-Afrikaners moet weet hoe dié skuld vereffen is en of dit ingevolge ‘n wettige reëling vereffen is.