ActionSA verwerp Kaapstad se redes vir voortgesette storting van riool in die see

ActionSA in die Wes-Kaap verwerp die redes wat die Stad Kaapstad gee vir sy voortgesette uitpomp van rou riool in die see as totaal ongegrond. Michelle Wasserman van ActionSA sê die party het in Februarie geappelleer teen die goedkeuring deur die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing se goedkeuring van die stad se aansoek om ‘n permit om vir nog vyf jaar rou riool by Groenpunt en Kampsbaai in die see te pomp: