ActionSA verwelkom ook Zizi se bedanking

ActionSA het die bedanking van die voormalige minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, as parlementslid verwelkom. Hy staar korrupsie-aanklagte in die gesig te midde van bewerings oor bedrog met kontrakte tydens sy termyn as ANC-woordvoerder tussen April 2015 en Februarie 2016. ActionSA se koukusleier in die Parlement, Athol Trollip, sê dit is ondenkbaar dat ‘n LP vir ‘n korrupsie-oortreding in die hof verskyn en dit probeer balanseer deur in die Parlement te dien en die land se wette te help maak: