ActionSA verbind tot ‘n korrupsie vrye SA
ActionSA se president, Herman Mashaba, sê die party bly vasberade in die bekamping van korrupsie, die handhawing van die oppergesag van die reg en die beskerming van grense. Hy het ook die behoefte beklemtoon om die land se soewereiniteit te beskerm, en verklaar Suid-Afrika moet waaksaam bly teen onwettige immigrasie en misdaad. Mashaba het by die uitslagsentrum in Midrand gepraat en ‘n beroep gedoen vir wetstoepassingsagentskappe, vry van politieke inmenging, aangesien korrupsie onafhanklike instellings ondermyn.