ActionSA soek antwoorde op David Teeger-kwessie

Krieket: ActionSA vra die president van Krieket Suid-Afrika, Rihan Richards, om te reageer op kommer oor die jongste verwikkelinge wat vrae laat ontstaan het oor deursigtigheid en konsekwentheid. Die partye sê duidelike teenstrydighede kom voor in KSA se besluite, veral oor die kapteinskap van die onder 19-span. Dit volg nadat die Joodse speler David Teeger van sy kapteinskap ontneem is vir die Wêreldbekertoernooi. Tsepo Mhlongo van Action SA sê die situasie rakende die belowende jong talent skep verwarring omdat hy glo steeds in die span is.