ActionSA se kandidate is jonk, energiek

ActionSA sê sy kandidatelys vir die Nasionale Vergadering en al nege provinsiale wetgewers is uiteenlopend met talle uitnemende jong mense daarop. Die party het vandag sy lys bekend gemaak in aanloop tot die verkiesing op 29 Mei, met Herman Mashaba wat die groep lei. ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê die persone wat gekies is om in die Nasionale Vergadering te dien, is die geloofwaardigste en mees ervare, in teenstelling met die huidige opgeblase kabinet van mislukte ministers en adjunkministers: