ActionSA sê Jhb-koalisie het uitmekaar geval

ActionSA sê die DA het misluk met samesprekings om die meerderheid van die regerende veelparty-koalisie in Johannesburg te herstel. Hiermee saam staar die burgemeester Mpho Phalatse nog ‘n mosie van wantroue in die gesig. ActionSA beskuldig die DA dat hy ‘n ooreenkoms met die Patriotic Alliance, wie se stemme nodig sal wees om Phalatse te verwyder, gesluit het. Die party se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê aangesien koalisie-samesprekings misluk het, lyk dit onafwendbaar dat Johannesburg in die hande van die ANC sal val: