ActionSA sê hy fokus nou op die verkiesing

ActionSA sê hy sal doelgerig fokus op volgende jaar se verkiesing in Suid-Afrika om te verseker dat hy die ANC-regering ontsetel en begin werk om Suid-Afrika te herstel. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof die grondwetlikheid van die Kieswet bevestig en die vereiste vir handtekeninge vir onafhanklike kandidate op een-duisend vasgestel het. Die party onderneem om wetgewing in te dien om aanspreeklikheid te verbeter sodra hy tot die Parlement verkies is. ʼn Woordvoerder, Samkelo Mgobozi, bepleit verkiesingshervorming en glo die uitstel van die verkiesing hou ‘n risiko in vir Suid-Afrika se vordering: