ActionSA reageer op 67 000 werksverliese in eerste kwartaal

ActionSA is diep besorg oor die verslegtende werkloosheidskrisis in Suid-Afrika. Die lid van die Parlement, Alan Beesley, wys op die jongste verslag van Statistieke Suid-Afrika wat toon 67 000 werksgeleenthede het in die eerste kwartaal van 2024 verlore gegaan. Beesley skryf die ekonomiese stagnasie toe aan swak politieke leierskap, beperkende arbeidswette en burokratiese inmenging. Hy versoek die 7de Parlement om voorrang te verleen aan ekonomiese groei en om pragmatiese beleid te implementeer om betekenisvolle werksgeleenthede te skep: