ActionSA juig oor hofbeslissing
ActionSA het die hofbeslissing oor die Stad Johannesburg se bestuurder, Floyd Brink, verwelkom en sê die party het dapper geveg om te keer dat die ANC-EFF-regering voortgaan om die stad te beheer. Die Gautengse Hooggeregshof het Brink se aanstelling onwettig verklaar. Die DA het in Maart sy aanstelling bevraagteken en beweer hy voldoen nie aan die pos se minimum vereistes nie. Khomotjo Mashala van ActionSA sê inwoners sal weer aan die kortste end trek wat die verknoeide aanstellingsproses onder beheer van die ANC-EFF-koalisie betref.