ActionSA eis vervolging na Life Esidimeni-uitspraak

ActionSA vra die direkteur van Openbare Vervolgings om op te tree na die uitspraak in die Life Esidimeni-ondersoek in die Hooggeregshof in Pretoria. Die ondersoek na die dood van meer as 140 psigiatriese pasiënte het die voormalige Gautengse LUR vir Gesondheid, Qedani Mahlangu, en die gewese hoof van Geestesgesondheid, Makgabo Manamela, skuldig bevind aan nalatigheid. Action SA se parlementslid, Kgosi Letlape, vra hulle moet strafregtelik vervolg word, en beklemtoon aanspreeklikheid en geregtigheid vir die slagoffers en hulle families.