ActionSA bekommerd oor Oos-Kaap se finansies

ActionSA in die Oos-Kaap sê hy is bekommerd oor die provinsie se finansiële toestand. ʼn Verslag van die Oos-Kaapse sosio-ekonomiese adviesraad toon die provinsie het in die eerste kwartaal vanjaar ʼn resessie binnegegaan. Meer as 77-duisend werkers het in die eerste kwartaal hulle werk verloor wat tot ʼn provinsiale werkloosheidsyfer van 42,4-persent gelei het. Athol Trollip van ActionSA sê dringende optrede is nodig om die situasie om te keer.