ActionSA: 5 400 KZN-skole sonder kos
ActionSA in KwaZulu-Natal sê hy is verpletter om te hoor sowat 5 400 skole in die provinsie was weens tender-onreëlmatighede sonder kos. Dit volg nadat die provinsiale onderwysdepartement aan een enkele individu ‘n tender van multi-miljoen Suid-Afrikaanse rand toegeken het om kos te voorsien aan skole in die provinsie. ActionSA se woordvoerder, Zwakele Mncwango, sê dis kommerwekkend dat die LUR vir onderwys, Mbali Frazer, dit goedgedink het om af te wyk van ‘n stelsel wat vir ‘n aantal jare sonder probleme gewerk het.