Action Society verwelkom hersiening van Van der Westhuizen parool

Action Society verwelkom die besluit van die Departement van Korrektiewe Dinste om die parool te hersien van die voormalige polisie-offisier Marius van der Westhuizen, wat in 2006 sy drie kinders vermoor het in Brackenfell, Kaapstad. Hy het net 13 jaar van sy vonnis van 24-jaar uitgedien. Van der Westhuizen se saak is nou onder hersiening na ‘n verslag van die paroolraad. Kaylynn Palm van Action Society hoop die hersiening sal op die regte besluit uitloop: