Action Society versoek prestasie-evaluasies van ministers

Action Society se regspan het ‘n formele brief aan President Cyril Ramaphosa se kantoor gestuur waarin hy afskrifte versoek van die prestasie-ooreenkomste wat die ministers onderteken het. Die organisasie se direkteur van Gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê die versoek sluit evalueringsverslae in wat die kriteria toon waarvolgens ministers geëvalueer word. Hulle wil die uitslae van elke minister se evalueringsproses sien, sedert die beleid ingestel is, en ‘n aanduiding van wat die gevolge is indien die vereiste prestasievlak nie bereik is nie.