Action Society: Geen borgtog vir BBP-eenheidslede
Die burgerregte-organisasie, Action Society, vra borgtog moet geweier word vir die agt lede van die Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-beskermingsenheid wat vandag in die landdroshof in Randburg verskyn. Hulle is vroeër die maand geskors nadat ’n video waarop hulle drie rekrute van die Suid-Afrikaanse Weermag op die N1-hoofweg in Johannesburg aanrand, op sosiale media versprei is. Action Society se woordvoerder, Ian Cameron, sê die lede hou duidelik ‘n bedreiging vir openbare veiligheid in.