Action SA sê Johannesburgse raadsvergadering skop swak af

ActionSA sê pogings deur die Johannesburgse raad om die saamstel van Artikel 79-komitees goed te keur voordat koalisies gevorm of die burgemeesterskomitee aangestel is, is ‘n swak begin. Partye het gister daarin geslaag om die raad te oorreed om items wat verband hou met die vorming van sy oorsigkomitees, van die agenda te verwyder. ActionSA se woordvoerder, Sabelo Chalufu, sê die eerste dae van enige regering is belangrik in die vasstelling van sy toon en die wyse waarop hy by die hoofbeginsels bly in die uitvoering van sy gesag.