Action SA gee Ramaphosa twee maande vir ondersoek na onlusteJuly 27, 2021
ActionSA se burgemeesters-kandidaat vir Johannesburg in die plaaslike regeringsverkiesing het President Cyril Ramaphosa twee maande gegee om ‘n regterlike ondersoek na die onlangse onrus in Gauteng en KwaZulu-Natal te gelas. Die geweld het honderde lewens geëis en miljarde rand se skade aangerig. Herman Mashaba beskryf die geweld as hoogverraad en misdaad teen die staat, en vra Ramaphosa om dit as sodanig te verklaar. Die Goudstad se gewese DA-burgemeester waarsku die gebeure kan herhaal word. Hy wil hê waarnemende hoofregter Raymond Zondo moet regters aanstel om so ‘n ondersoek te lei.