Action SA daag partyleiers uit vir leefstyloudits

ActionSA sê hy het ‘n brief gerig aan die leiers van die vier grootste politieke partye in die nasionale vergadering, naamlik die ANC, DA, EFF en IVP, waarin hulle gevra word binne om 14 dae vrywillige leefstyloudits te ondergaan. ActionSA-leier Herman Mashaba sê ‘n onafhanklike forensiese deskundige, Paul O’Sullivan, het reeds ingestem om hierdie leefstyloudits te doen teen ‘n geraamde koste van 5 000- tot 10 000-Suid-Afrikaanse rand, wat ActionSA sal betaal.